Sportliggame
PA Sport is die amptelike datavennoot van die Premier Soccer League (PSL). Hierdie vennootskap is in 2005 gestig en het die dekking van die beste van Suid- Afrikaanse sokker tot groter hoogtes geneem. Deur gebruik te maak van ons wêreldgehalte-stelsel van regstreekse sokker is ons in staat om ’n skop-vir-skop- weergawe van elke PSL wedstryd saam te stel en ’n wye verskeidenheid dienste aan te bied wat gelei het tot beter dekking van die liga en tot verhoogde handelsmerkwaarde vir die bestuursorganisasie, klubs en borge.
Ons unieke posisie het ons ook in staat gestel om die PSL Mobile-SMS-diens te ontwikkel, waardeur ondersteuners elke sekonde van die wedstryd presies kan weet wat aangaan – waar hulle ook al in Suid-Afrika is.