Publikasiegereed

Daar kan op PA Sport gereken word om publikasiegereed inhoud te verskaf wat elke sportentoesias weer en weer sal wil besoek. Danksy ons kundige redaksionele inhoud, reusebron van statistiek en prente-en-foto-argief kan ons materiaal verskaf wat lesers van koerante, tydskrifte en webtuistes sal interesseer en boei.

Ons kan inhoud verskaf wat u eie dekking kan verbeter, soos kantrubrieke, statistiekraampies en inligtingstukke – elkeen afsonderlik ontwerp om uitstekend by u publikasie in te pas.

Ons etiketlose aanslag is ideaal vir gebeure-materiaal, want ons kan ons bladsye publikasiegereed lewer, kompleet met die borg se logo’s en inligting.

Heelwat hoëprofiel-bestuursorganisasies en -wedstrydborge kom na PA Sport vir die produksie van hul bylaes, mediagidse, muurkaarte en bulletins. Ons inhoud verseker dat sportentoesiaste terugkeer na u publikasies om die allerbeste sportdekking te kry.