Die leier in sportinligting in Afrika
PA Sport South Africa (SA) kombineer ’n ware wêreldwye inligtingsfeer en ’n passievolle plaaslike fokus. Dit stel ons in staat om die wêreld van sport na die Suid-Afrikaanse mark te bring en dit vir ons unieke mark aan te pas.
Uit ons kantoor in Johannesburg kan ons inligting verskaf van enige van ons wêreldwye produksiesentrums, en ook Suid-Afrikaanse sportinligting wêreldwyd versprei.
Ons verstaan Suid-Afrika en ons verstaan Suid-Afrikaanse sport. Of dit nou die passie en energie van die Suid-Afrikaanse Premiersokkerliga (PSL), of die kragtigheid van die Drienasies-rugby, of die dinamika en kleurvolheid van die Afrika Nasies-beker is, PA Sport SA is altyd ’n tree vooruit om Afrika-sport na die wêreldmark te neem.
In die hart van Suid-Afrikaanse sport
Ons unieke posisie beteken dat die grootste, beste sportorganisasies dwarsoor Suid-Afrika PA Sport vertrou om hul amptelike dataverskaffer te wees. Ons het nóú saamgewerk met die PSL om hulle behulpsaam te wees in die ontwikkeling van dekking van hul dinamiese, passievolle liga, en ons is trots daarop dat ons die ABSA Premiership, die Nasionale Eerste Divisie, die ABSA-beker, die Telkom Charity-beker en die Telkom Knockout beter dek as enige iemand anders in mark.
Ons is digby die aksie van elke wedstryd, en ons neem elke ingooi, vuilspel- insident, skietskop en doelskoot op wanneer dit gebeur. Ons was nog altyd op die voorpunt van innovasie binne die Suid-Afrikaanse mark en ’n pionier op die gebied van ontwikkeling van die gewilde PSL Mobile-diens waardeur ons ondersteuners dwarsoor die land in staat gestel het om SMS- boodskappe van doele te ontvang enkele sekondes nadat die bal die net getref het.