Umliba en swart bemagtiging

PA Sport SA is gestig in vennootskap met Umliba, ’n spesialismaatskappy vir selfoon-inhoud en -media in Johannesburg. Hierdie vennootskap het PA Sport in staat gestel om sy verbintenis met swart ekonomiese bemagtiging en die Suid- Afrikaanse sportwêreld te bevestig.

Die kombinasie van plaaslike kundigheid en PA Sport se wêreldwye dekking stel PA Sport SA in staat om die allerbeste diens aan die media van Afrika te lewer. PA Sport voldoen volledig met swartbemagtigingswetgewing van die Republiek van Suid-Afrika.